|
AIRCON PARTNERS |
|
KORPORATIEWE PROFIEL
Automotive Aircon Spares CC, handel drywend as “Aircon Partners”, was geregistreer in 2002 en het sy deure geopen op 13 Januarie 2003. Die korporasie was oorspronklik besit deur twee direkteure, naamlik Mnr. J.J. Zeelie en Mev. I.M. Richards. Intussen het Mev. Richards haar aandele verkoop en Mnr. Zeelie is huidiglik die enigste eienaar van die besigheid. Die besigheid het ook oorspronklik bekend gestaan as IMR Aircon Spares.
Automotive Aircon Spares spesialiseer in die verskaffing en verspreiding van motor-lugversorging parte, gereedskap en ander verwante-toerusting. Hierdie sluit in nuwe kompressors, hoë-druk filtreerders, druk-kleppe, kondensors, kondensor-waaiers, verdampers, verskeie pyp-toebehore, lugversorging pype, lugversorging gas, kompressor-olies, manifold-kalibreerder stelle, vakuum pompe, en VHH masjiene (Verhaal, Herwin & Herlaai Masjiene) ens. Ons het toegang tot meer as vier-honderd verskillende tiepe kompressors wat pas op amper alle motor voertuie, busse, trokke, myn-masjiene, en selfs vliegtuie asook verdedigings-voertuie. Ons het baie goeie verhoudinge met groot verskaffers asook invoerders van lugversorging parte en toerusting in die na-aankope-mark. Dit laat ons toe om byna alle lugversorging parte, nodig vir herstel-en-onderhoud van motor lugversorging stelsels, teen kompeterende tariewe te bekom.
Die besigheid is gesetel in Pretoria, en ons het ‘n kliënte-basis wat strek van regoor die land tot in Botswana. Parte mag direk afgehaal word by ons perseel, hetsy deur u eie drywer of ‘n koerier-diens van u keuse. Ons kliënte bestaan uit geregistreerde werkswinkels, lugversorging kontrakteurs, agente en gekwalifiseerde lugversorging tegnikusse - alleenlik. Ons dryf nie handel met die publiek nie en verder is ons ook nie geïntreseerd in lae-kwaliteit items nie. Dit help ons om ‘n ses-tot-twaalf-maande waarborg te kan gee op al ons parte; uitgesluit elektroniese komponente wat slegs ‘n een-maand waarborg dra. Alhoewel ons nie ons eie werkswinkel het nie, is ons in-verbinding-met groot maatskappye wat die beste tegnikusse het om enige lug-versorging probleem op te los. Hulle beskik ook oor die nodige kennis en toerusting om foutiewe parte op kompressors te vervang, wat meestal noodsaak dat die hele kompressor vervang moet word om te verseker u in die lang-termyn geld spaar.
Ons is trots op ons uitstekende vriendelike diens en na-verkope ondersteuning. “Indien ons dit nie het nie, sal ons dit kry!” Indien ons dit nie kan kry nie, sal niemand anders kan nie!”
Vriendelike Groete
Kobus Zeelie (Besturende Direkteur) Vonkpos: kobus@airconpartners.co.za |




|
Besoek ons Facebook blad! |

|
©2020 Automotive Aircon Spares CC TUIS | OOR ONS | PRODUKTE | KONTAK ONS | ENGLISH
Direkteur: J.J. Zeelie 20-10.1 Webblad word bestuur deur Unfolding Enterprises CC
|